Dokter Zjiwago

Hierdie artikel handel oor die boek deur Boris Pasternak. Vir 'n artikel oor die rolprent, sien Doctor Zhivago.
Dokter Zjiwago

Oorspronklike titelДоктор Живаго
SkrywerBoris Pasternak
LandVlag van Italië Italië
TaalRussies
GenreHistoriese, romantiese roman
UitgewerFeltrinelli (eerste uitgawe), Pantheon Books
Uitgegee1957
MediumDruk (gebind & sagteband)
Bladsye592 (Pantheon)
ISBN0-679-77438-6

Dokter Zjiwago (Russies: До́ктор Жива́го, [ˈdoktər ʐɨˈvaɡə]) is ’n 20ste-eeuse roman deur Boris Pasternak wat in 1957 vir die eerste keer in Italiaans gepubliseer is as Il Dottor Zivago. Dit speel af in die laaste jare van tsaristiese Rusland en die eerste jare van die Sowjetunie. Dit is in Rusland verbied omdat dit as anti-sosialisties en anti-kommunisties beskou is, en uit die land na Italië gesmokkel waar dit deur Giangiacomo Feltrinelli gepubliseer is.

Die verhaal draai om die lewe van die dokter en digter Joeri Zjiwago, sy vrou Tonja en sy minnares Lara en hoe hul lewens geraak is deur die Russiese Rewolusie en die daaropvolgende burgeroorlog. Die Nobelprys vir Letterkunde is die volgende jaar aan Pasternak toegeken. Te midde van ’n geweldige veldtog teen hom deur die KGB en die Sowjet-skrywersunie het Pasternak teensinnig ingestem om die prys van die hand te wys.

Teen die tyd dat hy in 1960 aan longkanker oorlede is, het die veldtog teen hom die internasionale geloofwaardigheid van die Sowjetunie geweldige skade berokken.

In 1965 is ’n Hollywoodse rolprent met die Engelse titel Doctor Zhivago gemaak wat losweg op die boek gebaseer is met David Lean as regisseur en Omar Sharif in die naamrol.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy